HealthLifestyleNews

Oujaarsgeskenk: Regering hef die Aandklokreël op

Oujaarsvieringe kan nou deurnag aanhou ... maar maskers bly verpligtend

 

Die Regering het gister verskeie veranderinge aan die Aangepaste Vlak 1 Covid-regulasies op sy amptelike elektroniese inligtingsblad, https://www.gov.za aangekondig.
Een van die veranderinge behels dat die Aandklokreël opgehef word. Dit beteken dus dat daar nie langer ‘n beperking op die ure van beweging vir mense is nie.
Daar is steeds ‘n beperking van 1000 mense binnenshuis tydens byeenkomste, en 2000 mense buite. Waar die venue te klein is om die getalle te akkommodeer, word dit beperk tot 50% van die vertrek of gebou se kapasiteit.
Instansies wat alkohol verkoop en gelisensieer is om na 23:00 alkohol te verkoop, keer terug na volle lisensiëringsvoorwaardes.
Volgens die Presidensie sal die Nasionale Koronavirus-beheerraad die situasie monitor en aanpassings maak waar nodig, veral as die druk op gesondheidsgeriewe toeneem.
Let wel: Die dra van maskers bly verpligtend.

Die aandklokreël is afgeskaf, maar onthou om steeds jul maskers te dra as julle Oujaarsvieringe in openbare plekke gaan bywoon!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button