Twee bikers oorlede in ongeluk
Helmets up! Mag hul vriende en familie vertroosting vind.
SASOLBURG. – ER24 berig dat twee motorfietsryers op 30 Desember 2021 oorlede is. Dit lyk asof hul beheer oor die motorfiets verloor het en toe in die veld ingerol het. Die ongeluk het naby Minnaarstraat plaasgevind.
Nooddientste was teen 19:02 op die toneel. ‘n Vrou (26) en ‘n man (36) is op die toneel dood verklaar.
Medelye het van oral oor ingestroom op die berig wat die eerste keer op ER24 se Facebookblad geplaas is.
Charlene Groenewald Little het gesê: “Aan die Familie, die Klublede en Vriende, my Innige Simpatie en Meegevoel. Mag die Here julle versterk in hierdie verskriklike hartseer tyd.”
Terwyl Linicia van den Berg laat weet het: “As ‘n mede biker is dit hartverskeurende nuus. Innige meegevoel met die familie en klublede. Net God kan vertroosting bring.”
