Local newsNewsNews

Vaalpark se eerste kameratoring is geaktiveer

Vaalpark se kameratoring projek vorder. Gholfdag beplan

VAALPARK. – Die uitvoerende bestuurder van Public Eye, Arrie Coetzee het laat weet dat die Minnaarstraat Kameratoring geaktiveer is. Die finale aanlyn deurskakeling geskied vanaf die week.

Daar skyn van tyd tot tyd ligte vanaf die toring in die nag. Dit kom van die kameras wat deurentyd hoë resolusie kleur beelde deurstuur na die rekenaars.

Die kameras is getoets en werk 100% vir die inkomende en uitgaande bane.

Die kameras is ook so ingestel dat voetgangers, motorfietse en fietse ook waargeneem word.

Arrie het gesê Public Eye sal toegang tot die NAVIC Databasis binne ‘n week hê. “Ons is opgewonde om die stelsel volledig in werking te hê. Dis alles deel van ons misdaadvoorkomingsplan in die gebied.”

Die Gholfdag word beplan om fondse in te samel vir die kameratoring projekte. Foto: verskaf

Die huidige toring is net tydelik opgerig om die kamerasisteem in werking te stel. Dit sal later vervang word, wanneer verdere toerusting op die Tharinasentrum se dak en in die Kontrolekamer aangebring word.

Intussen is die fondsinsamelingsprojek vir die kameraprojek nog aan die gang. Nog twee kameratorings word by die ingange na Vaalpark beplan sodra genoegsame fondse ingesamel is.

As deel van die projek word ‘n Public Eye Vaalpark Gemeenskap Gholfdag beplan vir 4 Februarie 2022.

Die dag word by Heron Banks aangebied en daar sal hope pret wees vir oud en jonk. Vir meer besonderhede gaan na Public Eye Vaal se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button