Local newsNewsNews

Vol, voller, volste – Vaaldam

Op 3 Januarie 2022 was die Vaaldam amptelik 110.4% vol. Huise en erwe by die dam is onder water.

DENEYSVILLE. – Marina Smit van Hartebeesfontein net buite Deneysville sê die Vaaldam het al van voor Kersfees af nader aan hul huis begin opstoot. Op Kersdag het die water onder die heining begin borrel, maar was darem nog ‘n entjie van die swembad en huis af.

Op Kersdag het die Vaaldam se water onder die heining begin deurkom. Foto: Marina Smit

Op 3 Januarie het sy weer foto’s geneem van hul erf. Die swembad is nie meer in sig nie, en die water het die huis ingespoel. Sy was verlig om te hoor dat daar ekstra sluise by die Vaaldam oopgetrek is. “Nou kan ons huis weer leegloop,” het sy gesê.

Die water het tot binne die huis gespoel. Die foto is die oggend van 3 Januarie 2022 geneem. Foto’s Marina Smit

Volgens amptelike syfers van die Departement van Water en Sanitasie het die Vaaldam se vlakke op 110.4% gestaan op Maandagoggend, 3 Januarie 2022.

Dit het hul genoodsaak om twee verdere kruinsluise oop te maak, die eerste om 10:00 en die tweede een om 11:00. Daar is nou vier sluise oop.

Sputnik Ratau, Direkteur Mediaverhoudinge van die Departement van Water en Sanitasie het gesê die departement monitor die situasie deurentyd. Hewige reën in die Vaaldam se opvangsgebied het die damvlak drasties laat styg.

Hy het ook ‘n waarskuwing uitgereik dat mense nie kanse moet vat om laagliggende brûe oor te steek nie. Boere en gemeenskappe wat stroomaf geleë is, is gewaarsku teen moontlike vloede.

Kyk hier hoe die water tot binne die geboue spoel: https://youtu.be/MXAJvgmILzw

Kyk hier: Video geneem om 10:00 op 3 Januarie 2022 met 3 sluise oop. https://youtu.be/Xiy0qoMefG4

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button