Local newsNewsNews

Natuurbewaarder gevind nadat hy by Vaalrivier vermis raak

’n Natuurbewaarder wat glo vermis geraak het terwyl hy besig was jong voëls langs die Vaalrivier bly te prober red, is gevind nadat sy kajak glo Maandag (03 Januarie 2022) omgeslaan het.

DENEYSVILLE. – Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) het glo Dinsdagoggend (3 Januarie 2022) vir Dirk Engelbrecht gevind en hy is veilig.

Hy was glo op ‘n klein eilandjie op die rivier vasgekeer.

Engelbrecht en ’n groep natuurbewaarders van die Suid-Afrikaanse  Wildelewe Rehabilitasiesentrum (SAWRC), Wildserve en Owl Rescue was glo besig om voëls wat neste langs die Vaalrivier het te probeer red toe hy vermis geraak het.

Honderde voëls, insluitend wewers, herons en kuirfeiers word bedreig deur watervlakke wat skielik gestyg het en sterkvloeinde strome sedert die Vaaldam se sluise oopgemaak is.

Die Vaaldam is tans meer as 108.6% vol en vier sluise is tans oop.

Volgens Danielle Murray van Owl Rescue het Engelbrecht se kayak vermoedlik omgeslaan in die sterk stroom. Hy het op ‘n eiland gestrand geraak en is eers die volgende oggend gekry.

Murray was op ‘n ander boot wat ook omgeslaan het. Gelukkig kon almal op hierdie boot veilig tot by die wal kom.

Volgens haar het hulle die sterk vloeinde rivier onderskat.

Die bewaringsorganisasies was op soek na jong voëls naby die rivier om hulle te red.

Volgens die Sektor 2 GPF Taakspan van Drie Riviere is daar daar Maandag vir Engelbrecht gesoek maar die soektog is laatnag afgelas omdat dit te donker geraak het,

Dinsdag is ‘n vliegtuig ingespan om vir Engelbrecht te help soek.

Hy is glo tussen 08:00 en 09:00 Dinsdagoggend gevind op ‘n eiland in die stroom.

Vaalweekblad kon nog nie vir Engelbrecht in die hande kry nie maar sal deur die dag aanhou probeer.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en kan opgedateer of opgevolg word indien meer inligting bekend word.

Dirk Engelbrecht. Foto: Verskaf
Die gebied waar Dirk vermis geraak het. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button