Local newsNewsNews

Gewilde fietswedren nie in 2022 gehou nie

Die jaarlikse Fast One Cycle Challenge sal nie in 2022 plaasvind nie.

MIDVAAL. – Die gewilde fietswedren word jaarliks deur die Rotariërklub van Riverside aangebied om vir gemeenskapsprojekte in te samel en vind gewoonlik in Januarie plaas.

 

Die organiseerders het laat verlede jaar op die Fast One Cycle Challenge se amptelike Facebook-blad aagekondig dat die wedren weens uitdagings wat met die koronavirus gepaard gaan nie vanjaar aangebied kan word nie.

 

“In die lig van die huidige koronavirus-pandemie en weens die huidige beperkings, het ons ‘n moeilike besluit geneem om die 2022 Fast One Cycle Race te kanselleer en die wedloop in Januarie 2023 aan te bied.

 

“Die besluit om die 2022-jaarlikse fietswedren te kanselleer is geneem ná uitgebreide konsultasies met die gesondheid en veiligheid van elke fietsryer, aswel vrywilligers en vrywilligers in gedagte,” lees die verklaring.

 

Die organiseerders sê hulle sal 2022 gebruik om te beplan aan ’n beter en groter Fast One Cycle Challenge. Daar word gehoop dat die fietswedren weer in Januarie 2023 gehou sal kan word.

 

Fietsryers kan wel uitsien na die 2022 Gauteng Ope Padkampioenskap en Tydtoetskampioenskap wat op 15 en 16 Januarie by Café du Cirque in Daleside sal plaasvind.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button