Local newsNewsNews

Paaie versper oor uitsettings

Motoriste is Woensdag (5 Oktober 2022) gewaarsku om versigtig te wees in die omgewing van Eikenhof, suid van Johannesburg, waar protesoptrede voortwoed.

EIKENHOF. – ’n Woordvoerder vir die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar, waarsku dat betogings op die Ou Johannesburgpad (R82) naby Lido Hotel, op die R554 naby Jackson Hardware en op die Kliprivierpad (R550) naby Sunbeam Steel plaasvind.

Volgens die Johannesburgse Metropolisie betoog inwoners van die Jacksons-informele nedersetting oor uitsettings in die gebied.

Die metropolisie raai motoriste aan om die Goue-hoofweg as alternatiewe roete te gebruik.
Minnaar sê beamptes is ontplooi om die situasie te monitor.

*Opdatering: Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het Woensdagmiddag (5 Januarie 2022) laat weet dat die R82 weer oop gestel is vir verkeer maar motoriste gewaarsku om nogtans versigtig te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button