Local newsNewsNews

Fotoblad: Trefkrag van lyne en patrone

Vandag se versameling wys hoe lyne en patrone tot voordeel van 'n foto se trefkrag kan wees.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

Die enigste vereiste is dat die foto’s skerp en duidelik moet wees sodat dit mooi op die fotoblad vertoon.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059 met jou naam en van en van watter dorp jy is.

Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Die 78ste fotoblad sal in volgende week se Vaalweekblad (12 Januarie) verskyn.
Karin Cronjé van Andorra het die kunstige natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad: Jacques le Roux’s Art Work.
Jacques van der Linden (Crazy J Photography – 071 540 9669) van Meyerton het die pragtige foto geneem.
Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
John van Schalkwyk van Johannesburg het die kunstige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Gerald Gower van Sasolburg het die treffende foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Lindell Preklasa van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Lounette Linde (oud-Valie) van Pelindaba het die kunstige foto geneem.
Ludiene Robinson van Duncanville, Vereeniging het die mooi patrone netjies vasgevang.
Matt van der Merwe van die Kaap het die mooi foto in Elim geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi skaduwee lyne kunstig vasgevang.
Peet Schabort van Deneysville het die mooi foto by Vaaldam se sluise geneem.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein het die pragtige foto geneem.
Pieter Blignaut van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Magda Maire van Arconpark, Vereeniging het die pragtige foto geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Retha Maartens van Meyerton het die pragtige foto in die Kaap geneem.
Rickus Strydom (oud-Valie) wat nou in San Jose, California in die VSA woon, het die pragtige foto op Seacliff State Beach geneem. Besoek Rickus Stydom Photography se Facebookblad.
Stefanie Lotter van Sasolburg het die mooi foto op die kusweg tussen Gordonsbaai en Pringlebaai geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Sue-Mari Heyns het die kunstige landskap foto op hul plaas Phillipina in Excelsior, Vrystaat, geneem.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die pragtige foto geneem.
Aderie Pitout van Vereeniging het die pragtige foto geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Albertus Kriel van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Kempton Park het die pragtige foto by Hamad International Airport, Doha, geneem.
Amanda Erasmus van Alberton het die natuur se lyne netjies in Houtbaai vasgevang.
Bennie Henning van Germiston het die mooi lyne in Nelspruit raakgesien en kunstig vasgvang.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto geneem.
Casper Aucamp van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem.
Christo Meintjes van Pretoria het die pragtige foto in die Safari Tuin Sentrum geneem.
Elsje Vermeulen het die kunstige natuurfoto geneem.
Fransie Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die pragtige nauurfoto geneem.
George Stevens het die pragtige foto geneem. George en sy vrou Fransie was jarelange inwoners van Vereeniging, maar woon nou in Garsfontein.
Ina du Plessis van Pretoria het die besondere kleur en lyne vasgevang.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die treffende wolkpatrone in die hemelruim bespeur en pragtig vasgevang.
Casper Aucamp van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere-Oos het die mooi foto geneem.
Lindell Preklasa van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Lounette Linde (oud-Valie) van Pelindaba het die mooi foto van die lewendige “patrone” geneem.
Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het op haar beurt lewendige “lyne” vasgevang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button