Sterk wind ruk Meals on Wheels se dak af
Ongeveer 1 200 behoeftige mense en oues wat van die organisasie Meals on Wheels afhanklik is vir maaltye sal tot Vrydag toe moet wag, want ’n sterk wind het ’n gedeelte van die Meals on Wheels Dienssentrum by die Drie Riviere Aftreeoord (Fase 1) oor Kersnaweek afgeruk.
VEREENIGING. – Volgens Elize Williamson, hoof van Meals on Wheels se tak in Drie Riviere, word daar vermoed dat ’n sterk wind ’n gedeelte van die dak afgeruk het terwyl die res van die dak afgegryp is ondertoe.
Dit het vermoedelik Kersnaweek gebeur.
Williamson was in Rustenburg en het Woensdag die eerste keer die skade opgemerk.
Die niewinsgewende organisasie verksaf maaltye aan sowat 1 200 mense in die omgewing. Die kombuis is tans buite werking terwyl herstelwerk gedoen word.

Om dinge erger te maak wil die versekering net gedeeltelik uitbetaal aangesien die Meals on Wheels Dienssentrum aan Meals on Wheels behoort en nie aan die Drie Riviere Aftreeoord op wie se perseel dit geleë is nie.
Volgens Williamson is hulle tussen ’n R50 000 en R100 000 gekwoteer vir herstelwerk.

Die Koningin van Country, Barbara Ray, het ‘n maand geleede ’n Kerskonsert vir inwoners van die Drie Riviere Aftreeoord gehou ter insameling van fondse vir Meals on Wheels.
Volgens Williamson word enige donasies, skenkings op hulp waardeer.
Mense wat belangstel om te help kan Williamson by (016) 454 0795 skakel of ’n e-pos stuur aan vereeniging@mealsonwheelsna.org.za.
