In Vaalpark help almal – selfs die burgemeester
Proudly Vaalpark het Saterdag een van die dorp se strate van 'n kant af herstel en netjies gemaak.
VAALPARK. – ‘n Groot groep inwoners van Vaalpark was op Saterdag, 8 Januarie reeds vroeg uit die vere en gereed om saam te werk aan Trots Vaalpark/Proudly Vaalpark.

Almal het Saterdag om 07:00 bymekaargekom in Bloukransstraat waar daar gras gesny is, bome gesnoei is, stormwaterslote skoongemaak is en slaggate reggemaak is.
Daar is van drie “bushcutters”, drie trekkers en twee voertuie gebruik gemaak om die gemors te verwyder. Die slaggate is met 575 kg se teer gevul.

Die burgemeester van Metsimaholo, Mnr Jeff Zwane het nie net al die vrywilligers kom motiveer nie, hy het ook ingespring en self slaggate reggemaak en rommel verwyder.

Die ander vrywilligers wat die heel dag gesloof het is:
Kobus Pretorius
Azaniél Pretorius
Danielle Webstock
Dylan Davis
Johan Roos
Ria Roos
Paddy Padayachee
Angela Wendzel LDV support
Raadslid Linda Day Wyk 18
Helena Day
Koenie Fourie
Brendan Fourie
Divan Fourie
Dandré Kleynhans
Charne vd Merwe
Arrie Coetzee
Anet Coetzee
Ruan Coetzee
Telani Lombard
Cobus Gerber
Gys Meyer (John Deere trekker)
Elsie Burger
Ben Pieters (Hasqarvana trekker)
Joseph Meyer (Sentinal trekker)
Raadslid Ruanda Meyer Wyk 22

Die organiseerders het ook vir Mark Pearson bedank vir sy sleepwa, Lelanie en Terrence Bornman van Pizza Boss wat pizzas geborg het, Ria Roos wat ontbyt verskaf het, Arrie Coetzee wat koeldrank en petrol voorsien het, Hester Smit vir die bottels water, AJ Oliiver vir koeldrank, Raadslid Ruana Meyer vir koeldrank, petrol en 10 sakke teer en Oom Ben Pieters wat 10 sakke teer geborg het.

