Local newsNewsNews

Sasolburg begraafplaas ‘n skande

SASOLBURG. – Inwoners van Sasolburg is hoogs ontstoke oor die haglike toestand van die begraafplaas in Stead straat. Johan van Wyk, ‘n besorgde inwoner,  het Vaalweekblad gekontak nadat hy vergeefs probeer het om geliefdes se grafte te besoek. “Die gras en bossies staan amper heup hoogte. Mens weet nie wat in die lang gras en …

SASOLBURG. – Inwoners van Sasolburg is hoogs ontstoke oor die haglike toestand van die begraafplaas in Stead straat. Johan van Wyk, ‘n besorgde inwoner,  het Vaalweekblad gekontak nadat hy vergeefs probeer het om geliefdes se grafte te besoek.

“Die gras en bossies staan amper heup hoogte. Mens weet nie wat in die lang gras en bosse wegkruip nie. Ons het die opsigter daar gevra wat aangaan. Volgens hom wag hulle nou almaande vir die tender om aan iemand toegeken te word. Ons is moedeloos,” het van Wyk aan Vaalweekblad gesê.

*Die Metsimaholo plaaslike Munisipaliteit het teen druktyd nie op Vaalweekblad se navrae reageer nie.

So lyk Sasolburg se begraafplaas oortrek met bossies en lang gras.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button