Local newsNewsNews

Een sluis by Vaaldam toegetrek

Die departement van water en sanitasie het Woensdag (12 Januarie 2022) gesê dat een van die damsluise by die Vaaldam toegemaak is.

VEREENIGING. – Dit beteken dat daar tans (12 Januarie 2022) vier sluise oop is.

Volgens Sputnik Ratau, ‘n woordvoerder vir die departement van water en sanitasie, is die dam tans (12 Januarie 2022) 103.5% vol.

Damvlakke het gedaal sedert die departement in Januarie vanjaar (2022) vyf sluise oopgetrek het toe die dam ‘n vlak van 110% bereik het.

Volgens Ratau sal die uitvloei van die dam bestuur word tot die kapasiteit van die dam weer ‘n veilige vlak bereik.

Volgens Ratau word die situasie gemonitor en sal die departement die nodige stappe neem om infrastruktuur, sowel as mense se lewens te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button