Local newsNewsNews

Ruimterots vlieg vroeg in 2022 verby die aarde

'n Ruimterots wat na raming ongeveer 'n kilometer wyd is sal op 18 Januarie 2022 relatief naby aan die aarde verby beweeg.

Niemand verwag dat die asteroïde genaamd 7482 (1994 PC1) die aarde sal tref nie, maar volgens die Noord-Amerikaanse ruimteagentskap NASA se sentrum vir die studie van naby-aarde-voorwerpe (NAV) sal dit nader as 1.93 miljoen km van die aarde verbybeweeg. (Die afstand wat die ruimterots verby die aarde sal beweeg is ongeveer 5.15 keer die afstand wat die maan gemiddeld van die aarde af is).

Die ruimterots beweeg teen ‘n snelheid van 19.56 kilometer per sekonde (47 344 myl per uur) en word as ‘n potensieel gevarlike asteroïde beskou.

Volgens ‘n berig op die webwerf EarthSky.com is die NAV in Augustus 1994 deur Robert Mc Naught by die Siding Spring-sterrewag in Australië ontdek.

CNN berig die ruimetrots sal waarskynlik nie met die blote oog gesien kan word nie, maar sterrekykers sal dit wel met behulp van kleinteleskope kan sien.

Volgens die webwerf Unistellaroptics.com sal dit tussen 1 Januarie tot 26 Januarie ook vanaf die Suidelike halfrond met behulp van ‘n teleskoop gesien kan word.

NASA sal in September vanjaar probeer om die trajek van ‘n asteroïde genaamd Didymos te verander deur ‘n ruimtetuig in die klein ruimterots se maantjie vas te vlieg. Die maantjie wat geteiken word staan as Dimorphos bekend.

Die doel van die sending genaamd DART (Double Asteroid Redirection Test) is om te toets of dit moontlik is om ruimterotse wat die potensiaal het om met die aarde te bots af te weer met behulp van tegnologie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button