Local newsNewsNews

Uit liefde vir die honde

Vaalpets bied skuiling vir baie honde en al die honde het 'n grats "spa-dag" gehad!

VANDERBIJLPARK. – Vaalpets het tans by die 200 honde waarna hul omsien. Baie van die honde kom uit haglike omstandighede waar hul verwaarloos en selfs mishandel is.

Die afgelope drie dae (10 – 12 Januarie 2022), het die span van die Vlooi en Bosluis Taxi  ingespring om al die honde te bad, te borsel, te dip en naels te knip.

Groot bederf vir party honde, maar ander was nie baie geneë vir die groot skoonmaak aksie nie.

Hierdie ou grote is nie so seker of skoon wees ‘n goeie idee is nie … Foto: verskaf

Gelukkig weet Irene Britz en haar span presies hoe om met honde te werk. Elke hond is met hope geduld en liefde genader, maak nie saak hoe halstarrig die hond was nie!

Teen Woensdagoggend om 10:00 het Irene laat weet hulle het nog net so 40 honde vir die dag om te bad en te versorg.

Sy is baie dankbaar dat haar man Christoff, haar peetdogter Mieta en haar assistente Machelle en Chane met soveel oorgawe ingespring en die uitdaging aanvaar het.

Mieta Nelson en Christoff Britz besig om een van die honde te bad. Foto: verskaf

“Ons doen dit uit liefde vir die honde. Dit is vir my ‘n baie lekker manier om die jaar te begin,” het Irene gesê.

Sy het as deel van die projek ook fondse ingesamel. Mense kon R20 per hond skenk.

“Ons het sowat R3000 ingesamel en daarmee het ek kos vir die honde by Vaalpets gekoop. Een van my kliënte het ook komberse geskenk en ‘n ander het saagsels gegee.”

Danielle van Rooyen het op Vaalpets se Facebookblad geskryf: “Wat n ongelooflike liefdesdiens! Om soveel honde uit te borsel, naels te knip, te was en te dip, met honde wat nie wil saamwerk nie, in baie gevalle, verg baie geduld, baie liefde en baie tyd!

“As julle wonder of Vlooi en Bosluis Taxi  goeie diens verskaf, morele waardes het, soos min mense het, werklik vir diere omgee, vra ons! Baie van ons honde was mishandel en hulle kan op n trigger terugverval in ou patrone.

“Hierdie mense is opreg en het die beste belange van die honde op die hart. Hulle het baie soentjies uitgedeel!”

Honde bad is harde werk, maar die Saint Bernard lyk heel gelukkig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button