Local newsNewsNews

Graad 1 wysheid – “Google is slimmer as juffrouens”

Laerskool Kollegepark se graad 1's het 'n bedrywige eerste skooldag agter die rug!

VANDERBIJLPARK. – Laerskool Kollegepark se graad 1’s was op 12 Januarie 2022 al tuis in die groot skool nadat hul reeds op 11 Januarie by die skool verwelkom is.

Die Graad 1’s is deur die spannetjie welkom geheet. Foto’s verskaf

Juffrou Marlize Els het laat weet die jongspan was maar nog skaam toe hul Dinsdag hul juffrouens kom ontmoet het en hul boekies gekry het.

Maar, gister was hul baie opgewonde.  “So hier en daar was ‘n vinnige traan, maar dit het ook sommer gou opgehou. Ons Graad 1 tema vir die jaar is, Die sirkus, so ons het ‘n paar narre en ‘n tier gehad wat die maatjies by die hek verwelkom het. Die ingang was ook mooi opgemaak volgens die tema.”

Graad 1 se tema die jaar is Die Sirkus. Elke leerder is by die fotohoek afgeneem.

Die eerste skooldag was baie bedrywig. Die vier graad 1 klasse, ook bekend as die Apie, Wildtuin, Trolls en Mickey en Minnie Muis klasse, het die skool verken, klasreëls geleer en uitdunne gehou vir Vrydag se huissport.

Almal was lekker uitgeput na die woelige begin. Van die jongelinge se spitsvondighede het die personeel ook laat lag.

So het een jongman beweer: “Google is slimmer as juffrouens.” Hy het ook gevoel sy juffrou moet hom asseblief nie leer lees die jaar nie!

‘n Ander een het weer vertel: “Juffrou ons moes al vanoggend in die donker opgestaan het, want mamma was so opgewonde dat ons klaar maak vir skool!”

Ons wens die jongelinge alle voorspoed toe op hul lewe by die “groot skool”. Geniet dit!

Meer foto’s van die graad 1’s en hul eerste dag by die skool is beskikbaar op Laerskool Kollegepark se Facebookblad.

Nog ‘n vriendelike Graad 1’tjie reg vir die “Groot Skool”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button