Local newsNewsNews

Kragprobleme knak fabriek in Vanderbijlpark

Die noodgedwonge sluiting van ʼn fabriek in Vanderbijlpark waar 500 mense waarskynlik afgelê gaan word, is die direkte gevolg van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se onbevoegdheid en onvermoë om die kragstelsel te onderhou.

“Sedert 1 Januarie vanjaar tot op hede is Vanderbijlpark al vir vier keer tot twaalf ure sonder elektrisiteit gelaat wat meer ondernemings dwing om hul deure te sluit of te hervestig in Midvaal, Sasolburg en selfs Rustenburg,” sê VF Plus-raadslid Gerda Senakal in ‘n mediaverklaring.

Raadslid Gerda Senekal.

Die verklaring lui verder dat die onttrekking van groot sake-ondernemings lei tot werkverliese en die verdere verarming van die gebied.

Die VF Plus het die burgemeester van Emfuleni, Sipo Radebe, versoek om dringend die probleem aan te spreek en verslag te lewer oor hoeveel geld van die 2020/21-begroting bestee is vir onderhoud en  opgradering aan die elektrisiteitnetwerk.

‘n Bedrag van R165 miljoen is vir onderhoud en opgradering begroot.

Emfuleni was verlede jaar gereeld sonder elektrisiteit weens verskeie substasies wat aan die brand geslaan het en woongebiede twee keer per week vir ure en selfs dae lank sonder krag gelaat het.

Die Emfuleni-munisipaliteit het sy inwoners gefaal en is feitlik bankrot wat dienslewering onvolhoubaar maak. Die tekort aan amptenare met die nodige vaardighede en kwalifikasies is een van die hoofredes waarom instandhouding nie behoorlik gedoen word nie.

Selfs sekere aangestelde kontrakteurs is onbevoeg omdat hulle tot sewe keer dieselfde fout herstel.

Die VF Plus skryf die algehele verval van die munisipaliteit toe aan die jarelange finansiële wanbestuur, korrupsie, selfverryking, vermorsing en verkeerde prioriteite onder ANC-beheer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button