Local newsNewsNews

KYK: Net ‘geraamte’ van gebou bly oor

Ná maande van metaaldiefstal het slegs die geraamte van die fabriek naby die ingang van Vereeniging se middestad oorgebly.

VEREENIGING. – Die mure en dak is gedurende die jaar 2021 stukkie vir stukkie deur skrootmetaalwerwers weggedra en al wat oorgebly het is die strukturele raamwerk.

Die 25 000 fabriek op die hoek van Generaal Hertzogweg en Mario Milanirylaan behoort aan ArcellorMittal Suid-Afrika en staan glo as die Tosca-gebou bekend.

Die metaalreus het verlede jaar in November gesê die maatskappy werk saam met ’n onafhanklike diensverskaffer om van die eiendom op die hoek van Generaal Hertzogweg en Mario Milani-rylaan in Vereeniging ontslae te raak.

Tami Didiza, groepbestuuder vir Betrokkenheid van Belanghebbendes en Kommunikasie, het toe gesê die doel is om die huidige struktuur aan die hoogste bidder op te veil.

Vaalweekblad het in November navraag gedoen nadat die perseel ’n trekpleister geword het vir skrootmetaaldiewe en ongure karakters wat gedeeltes van fabriek stukkie vir stukkie afsaag en wegdra.

Die fabriek het in Maart 2021 nog sinkplaatmure gehad. Foto: Christiaan Cloete
Skrootmetaalwerwers het hulself gehelp. Foto: Christiaan Cloete
Teen November 2021 was dit amper net die dak en die metaalraamwerk wat oor was. Nou is die dak ook weg. Foto: Moleboheng Chaha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button