Local newsNewsNews

AfriForum Sasolburg werskaf sonder ophou

Die AfriForum-tak in Sasolburg het gedurende Desember voortgegaan om gras te sny en het altesaam 18 ha gras gesny. Met die baie reën het die gras welig gegroei en sommige dele moes selfs twee keer gesny word.

Die gras in die volgende areas is gesny: Snyman-, Jan Smuts-, Mosega-, Magersfontein-, Toon van den Heever-, Totius-, Nuwekloof-, Opperman-, en De Wildtstraat, asook by President Swart-, H.F. Verwoerd-weg, by Mia’s Place, die Koeberggroenstrook, Lebombolaan en by die Tharina-sentrum.

AfriForum se Sasolburg-tak het 18 ha gras in Desember gesny.

Die “helikopterlandingstrook” wat aan Gouwsstraat grens is ook gesny en die tak hou dit skoon sodat helikopters in geval van nood daar kan land.

Die afvoerpype by die R59 is skoongemaak om die groot volume water tydens die goeie reënseisoen te kan hanteer en om die padoppervlak te beskerm.

Ongeveer 40 slaggate is in Witkoppie-, Gouws- en Wolwekopstraat met 30 sakkies teer herstel.

“As die Sasolburg-tak ’n probleem sien, kan hulle dit nie net los nie hulle moet dit oplos of dit nou vakansie is of nie. Baie dankie vir die onbaatsugtige werk wat julle doen om die dorp se algehele beeld te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button