Local newsNewsNews
Kent die “Main” man by Gauteng-tydtoetskampioenskap
Kent Main van die ProTouch Africa-fietsryspan het vanoggend koning gekraai by die Gauteng-tydtoetskampioenskap.
DALESIDE. – Die Gauteng tydtoetskampioenskap en padfietskampioenskap vind die naweek by Café du Cirque in Daleside, Sedibeng plaas.
Die tydtoets het Saterdag (15 Januarie 2022) plaasgevind en die padfietswedren vind Sondag (16 Januarie 2022) plaas.
Brandon Downes was tweede in die “elite”-afdeling vir mans en Willie “Smurfie” Smit het die derde plek behaal.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
