Local newsNewsNews

Raaisel oor voertuig wat in vroeë oggendure aan die brand slaan

'n Ma en haar twee kinders sit sonder vervoer nadat hul enigste voertuig op die oggend van 4 Januarie geheimsinnig aan die brand geslaan het.

MIDVAAL. – Sharon Knoetze en haar dogters het glo geslaap in hul woonstel by ‘n kompleks in Gardenerstraat, Risiville toe die Fiat Punto vlam gevat het.

Koetze se susterskind, Mashelle, wat saam met haar by ‘n woonkompleks in Risiville bly, verduidelik: “Ons het op Maandag 3 Januarie 2022 teruggekeer nadat ons Nuwejaar by vriende in Limpopo gaan kuier het.”

Omstreeks 02:45 die volgende oggend het ons ‘n harde geluid, soos ‘n ontploffing, gehoor. Ons het na die venster gehardloop waar ons gesien het hoe rook uit die petroltenk uit borrel,” vertel sy.

Die voertuig was buite, naby die woonstel geparkeer.

Teen die tyd wat ons die woonsteldeur oopgemaak het was daar vlamme by die petroltenk. Ons het voetstappe op die staal trappies gehoor en het toe ‘n brandblusser gegryp om die vuur mee te probeer blus,” vertel sy.

Knoetze en haar kinders is toe af met die trappies om die brand te blus.

Teen die tyd wat die brandweer opgedaag het (sowat 45 later) was vuur reeds geblus.

Knoetze-hulle het glo ‘n klag van brandstigting by die polisie gelê, maar volgens Marshelle het daar nog nie ‘n speurder uitgekom nie.

Die ma en haar dogters is in sak en as het hulle tot sosiale media gewend vir hulp.

Knoetze het nie versekering op die kar gehad nie en om dinge erger te maak is sy en haar susterskind albei laat in 2021 by die plek waar hulle gewerk het afgelê.

Mense wat bereid is om te help kan vir Marshelle by 062 067 7451 skakel.

‘n Saak van brandstigting word blykbaar ondersoek. Foto: Verskaf
Die venster was swart en het verkrummel toe hulle daaraan geraak het. Foto: Verskaf
Nadat Sharon Knoetze en haar dogters ‘n ontploffing omstreeks 02:45 gehoor het, het hulle gemerk dat rook uit die petroltenk uit borrel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button