Local newsNewsNewsSportSport

Reinardt Gauteng se kampioen vir 2022

Reinardt Janse van Rensburg is die provinsie se fietsrykampioen vir 2022 nadat hy Sondag die Gauteng-padfietskampioenskap by Café du Cirque in Daleside, Midvaal gewen het.

DALESIDE. – Die padfietswedren, wat oor 176km (8 rondtes van die 22km roete) beslis is, het in die laaste paar 100 meter neergekom op ’n naelloop-stryd tussen twee ervare manne met aansienlike internasionale fietsryblootstelling.

Janse van Rensburg, ‘n kranige naelrenner, het in Willie Smit se glipstroom gewag toe hulle deur die derde laaste draai gekom het.

Naby die lyn het hy die voortou geneem en Smit in die naelloop uitgestof.

Janse van Rensburg was ’n kortkop voor Smit by die eindstreep verby.

Smit, wat tevrede moes wees met die tweede plek, kon homself darem daaraan troos dat hy die vorige dag ’n derde plek in die tydtoetskampioenskap behaal het en dus twee keer op die podium kon klim.

Travis Barret van die Honeycomb-fietsryspan (wenner van die 2020 Kaapstad-fietstoer) het die derde plek behaal.

Reinardt Janse van Rensburg (Gauteng se padfietskampioen vir 2022) saam met Willie Smit (tweede plek) en Travis Barret (derde plek) op die podium.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button