Local newsNewsNews

Aarde skud in Gauteng

Talle inwoners van Vereeniging sê hulle het Dinsdagoggend (18 Januarie 2022) die aarde voel skud.

VEREENIGING. – Die Raad vir Geowetenskap het bevestig dat ’n aardbewing Dinsdagoggend (18 Januarie 2022) omstreeks 06:33 gevoel is.

Volgens Mahlatse Mononela, ‘n woordvoerder die vir Raad vir Geowetenskap het die aardbewing ‘n voorlopige 3.5 op die plaaslike magnitudeskaal geregistreer soos aangeteken deur die Suid-Afrikaanse Seismograafnetwerk.

“Die episentrum was in Westonaria, ongeveer 51 km suidwes van Johannesburg, geleë. Die publiek word aangemoedig om hul ervarings op te teken deur die beskikbare aanlynvraelys te gebruik,” sê Mononela.

Die CGS is die bewaarder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismograafnetwerk wat seismiese golfaktiwiteite regdeur die land monitor. Vir regstreekse opdaterings, besoek asseblief www.geoscience.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button