Twee dansvertonings by die ERT
ERT se jaarprogram skop af met twee besondere vertonings op 29 en 30 Januarie 2022
SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg skop hul 2022 af op ‘n hoë noot. Op Saterdag, 29 Januarie om 17:30 kan teatergangers reg skuif vir ‘n plaaslike produksie deur Fast Lane Dance Production. Hul vertoning YELLOW begin om 17:30 teen R180 per persoon. Om te bespreek stuur ‘n WhatsApp na 063 217 5147.

Op Sondag, 30 Januarie kyk die ERT Fliekkblub na die Royal Opera House se Desember produksie van The Nutcracker op die groot skerm. Kom deel in die betowererende ballet verhaal met die bekende musiek deur Tchaikovsky. Die vertoning begin om 14:00 en kostes beloop R100 per persoon. Kaartjies kan bespreek word deur te WhatsApp na 063 217 5147.

Vir ‘n voorsmakie van The Nutcracker, kyk gerus hier https://youtu.be/UliUMXwfoaY
