Local newsNewsNews

As jou ysterperd te wild is!

SASOLBURG. - Puik aksie en opwinding, ‘n feestelike atmosfeer (en een ernstige besering) beskryf kortliks SandTrax Motocross Park se Shootout-byeenkoms wat Saterdag gehou is.

“Dit was ‘n groot veld van sowat 50 ryers wat gedurende die dag in aksie was. Dit is baie goed vir die eerste byeenkoms van 2022,” sê eienaar Deon van Rensburg.

Veteraan ryer, Stefan Fourie (44) van Sasolburg het egter sy arm tydens een van die wedrenne gebreek. Hy moes per ambulans hospitaal toe geneem word. Hy is reeds geopereer en sterk tans tuis aan.

Daar was prysgeld op die spel in die verskillende klasse. Die volledige uitslae van die dag se wedrenne was ongelukkig nie beskikbaar nie.

* Die volgende byeenkoms is op 7 Mei.

Petrus van Vuuren van Vaalpark maak kennis met Moeder Aarde tydens die Sandtrax MX Shootout. Hy was egter weer vinnig terug in die saal om die wedren te voltooi. Foto’s: Elsje Vermeulen
Veteraan ryer, Stefan Fourie (44) van Sasolburg het sy arm tydens een van die wedrenne gebreek.
Daar was geen tekort aan aksie tydens Saterdag se byeenkoms nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button