Local newsNewsNews

Die naalde klik-klak weer na wolskenkings

Sy het gevra en die mense het gegee en nou gaan heelwat kleuters warm truie die winter dra.

VANDERBIJLPARK. – Einde Oktober 2021 het Vaalweebklad gaan kennis maak met Tollie Schelchter ‘n pensioenaris van Vanderbijlpark met ‘n groot passie vir brei en hekel. Sy spandeer al haar vrye tyd om truie, babapakkie en kombersies vir minderbevoorregte kinders klaar te maak. Verlede jaar het sy vir die eerste keer laat weet, die wol het nou te duur geword, kan iemand asseblief help met skenkings? Op daardie stadium het sy reeds by die 20 truie vir 1 – 3 jariges klaar gehad.

Van die babakomberse en babapakkies wat Tollie gehekel het met die wol was geskenk is. Foto: Gerda Bruinette

Op 19 Januarie 2022 het Vaalweekblad weer ‘n besoek by Tollie gaan aflê. “Ses dames het vir my wol gebring,” het sy opgewonde vertel. In die hoek van kamer is verskeie bokse vol wol opmekaar gestapel. “Ek het genoeg om my die hele jaar mee besig te hou. Hier is selfs volledige pakke met dieselfde kleur wol wat beteken ek sal ‘n paar truie vir 4-jariges ook kan voltooi,” het sy beduie. Tollie was veral ook bly oor die babawol wat geskenk is. Sy brei maar gewoonlik met DK (double knit) en daar is nie geld  vir regte babawol nie. “Toe ek die mooi babawol sien, het ek eerste met hulle begin.” Algou het sy vier babapakkies, kompleet met mussies en baba booties, klaargemaak asook die mooiste babakomberse. Tans is sy besig om sommer so aan twee truie op ‘n slag te brei. “Dit hou dinge interessant”, sê sy. Langs haar stoel staan haar breimandjie waaruit die pante van ‘n ligte trui en ‘n bontgestreepte trui op die penne loer. “Hierdie wol wat so self strepe maak, is vir my tog te mooi. Ek dink ‘n kind sal ook daarvan hou,” vertel sy met ‘n glimlag. Tollie is baie dankbaar teenoor elkeen wat vir haar wol gebring het. “Die een dame het ses sakke wol hier kom aflaai. Dit help so ongelooflik baie. Ek is goed op dreef om heelwat truie en mussies klaar te hê voor die winter van 2022.”  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button