Parkrunners buig die knie
Deelnemers aan die weeklikse Riviera on Vaal parkrun het op Saterdag (22 Januarie 2022) die knie voor die parkrun gebuig.
VEREENIGING. – Volgens Linda Bosch, direkteur by Riviera on Vaal-parkrun, is dit as ‘n gebaar van ondersteuning gedoen vir Christell Fouchè, ‘n parkrun-vrywilliger, wat tans in ‘n kritieke toestand in die MediClinic Vereeniging-hospitaal lê.

Christel het verlede Vrydag (14 Januarie 2022) ‘n beroerteaanval gehad.
Sy neem gewoonlik foto’s by die parkrun.
Christel se ma, sowel as verskeie van haar familielede is genooi om die amptelike opening van die parkrun by te woon, waartydens ds. Christman Krige, vir Christell en haar familie gebid het.
Parkrunners, meeste van hulle in wit geklee, het tydens die gebed die knie gebuig.
Bosch het parkrunners gevra om die parkrun aan Christell op te dra.



