HTS Sasolburg is trots op Phethisang
Voormalige SA junior hammergooi kampioen op pad na VSA vir studies
SASOLBURG. – HTS Sasolburg het verlede week met trots aangekondig dat ‘n vorige ster atleet van die skool, Phethisang Makhethe ‘n volledige studiebeurs ontvang het om in die VSA te studeer.
Phetisang is ‘n voormalige Suid-Afrikaanse en Afrika junior hamergooikampioen.
Sy is ook in 2019 aangewys as Vaalweekblad se sportster van die jaar.

Sy het haar matriek aan HTS voltooi in 2020 en het verlede jaar met haar studies in sielkunde begin aan ‘n plaaslike universiteit.
Sy gaan haar studies voortsit aan die Universiteit van New Mexico in Albuquerque.
Phetisang het op 21 Januarie na die VSA vertrek.
Ons wens haar voorspoed toe, nie net in haar studies nie, maar ook in haar atletiek loopbaan.
