KYK: Fietsryers trotseer wilde en ongetemde landskap
“Wild en ongetem.” - Dit is waarskynlik die beste beskrywing van die landskap suid van Johannesburg wat fietsryers Sondag (23 Januarie 2022) tydens die Summer Fast One-bergfietswedren moes aandurf.
EIKENHOF. – Die Summer Fast One-bergfietswedren het op Sondag 23 Januarie plaasgevind en het wedrenne oor 40km, 60km en 80km ingesluit.
Danksy goeie reën was die plantegroei ruig en die paaie modderig.
As die lang grasse nie in jou ratte beland het nie moes jy sukkel om regop te bly in die modder.
Daar was ook heelwat klipperige gedeeltes.

Jan Withaar het die 80km-wedren gewen in ‘n tyd van 03:09:59 met Brendan Havenga (03:11:41) en Craig Uria (03:14:54) wat onderskeidelik tweede en derde geeïndig het.


Yolandi Swanepoel was die eerste dame in die 80km-wedren. Sy het die roete in ‘n tyd van 03:30:43 voltooi. Brigitte Jouber (03:54:18) was tweede en Stephanie Wohlters (03:55:12) derde.
Vaalweekblad se Christiaan Cloete het die roete gaan ondersoek instel:
Die volledige uitslae is beskikbaar by www.spectrumsport.co.za
