Local newsNewsNews

Skoolswembad nou ‘n visdam en groenteplaas

Hulle sê 'n boer maak 'n plan. Nadat Vereeniging Gimnasium se swembad in onbruik verval het, het Hannes Grobbelaar, die skool se adjunkhoof, met die blink plan vorendag gekom om dié fasiliteit in 'n akwaponiese vis- en groenteplaas te omskep.

VEREENIGING. – Akwaponika behels die hersirkulering van water om ‘n gebalanseerde eko-sisteem boerdery te skep deur hidroponika (groente kweek sonder grond) en akwakultuur (visboerdery) simbioties te integreer.

Die visse verskaf voedingstowwe vir die plante en die plante suiwer die water vir die visse.

Volgens Grobbelaar neem Vereeniging Gimnasium met hierdie projek die voortou om voedselsekuriteit aan te spreek.

Die skool bied reeds ‘n wye verskeidenheid vakkeuses waar leerlinge vanaf Graad 8 en Graad 9 reeds beroepsgerigte vakke kan kies. Dié projek help om studente verder te bemagtig in terme van entrepreneursvaardighede en voedselsekuriteit,” verduidelik hy.

Volgens Grobbelaar is die projek aanvullend tot die sillabusse van vakke soos Landbou Tegnologie, Landbou Bestuur en Landbou Wetenskap, maar skakel dit ook in by ander vakke soos elektriese tegnologie, ingenieursgrafika en ontwerp, natuur en skeikunde en besigheidsvakke.

Die groente wat gekweek word is vir die skool se koshuis.

Indien daar ‘n surplus is sal dit verkoop word.

Hannes Grobbelaar met tamaties wat hy self gekweek het. Foto: Christiaan Cloete
Hannes Grobbelaar met groente wat langs Vereeniging Gimnasium se swembad gekweek word. Foto: Christiaan Cloete
Vereeniging Gimnasium se swembad is nou ‘n visdam. Foto: Christiaan Cloete
Hannes Grobbelaar (in die middel), saam met Brendan Lawrenson (links) en Khangwelo Mukhadi (regs), wat hom help by die akwaponiese en hidroponiese plaas. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button