Local newsNewsNews

Spanwerk kry dinge gedoen

Vaalparkers het geleer dat saamwerk, harde werk lekker maak.

VAALPARK.- As deel van die groot fondsinsamelingsprojek om uiters gesofistikeerde kameras by Vaalpark se ingange op te sit, word daar op 4 Februarie ‘n gholfdag by die Heron Banks Gholfbaan gehou.

Elke speler sal die dag ‘n handdoek ontvang met die Public Eye logo op geborduur. 

‘n Klaar borduurde handdoek.

Die organiseerders het nie ‘n groot maatskappy ingekry om die borduurwerk te doen nie.

ynde dat hulle glo in saamstaan en samewerking, het hulle, hul beroep op die dames wat weet hoe om met ‘n borduurmasjien te kan werk.

Op Saterdag, 22 Januarie 2022 het daar ‘n borduur-marathon plaasgevind. Stiptelik om 10:00 het die eerste handdoek onder die naald beland en tien ure later was alles gedoen.

Die mense wat so hard gewerk het is Hestell van den Berg, Daleen Martin, Nanette Martin, Elmari Botha, Louhan Botha en Denise Stassen.

Arrie Coetzee sê almal het hul goed van hul taak gekwyt en teen laataand was daar 100 handdoeke klaar.

Die span werkers is darem nie aan hul eie genade oorgelaat nie. Daar is deurlopend eet en drinkgoed aangedra om die borduurspan van die nodige innerlike versterkings te voorsien.

Besonderhede oor die gholfdag wat vir 4 Feb. 2022 beplan word25

Alles is besig om in plek te val vir die gholfdag. Inskrywings beloop R1 500 per vierbal en dit sluit ‘n aandete in.

Daar sal verskeie pryse op die spel wees. Die dag beloof om ‘n pretdag vir die hele gesin te wees met onder andere ‘n springkasteel vir die kinders.    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button