Local newsNewsNews

Vrou wat afgedank is oor sy nie laat inent het nie se aansoek by KVBA van die hand gewys

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ’n aansoek van ’n afgedankte werknemer van die dobbelmaatskappy Gold Rush van die hand gewys nadat sy afgedank is oor sy nie haarself teen COVID-19 laat inent het nie.

Theresa Mulderiji het haar na die KVBA gewend nadat sy afgedank is.

Dit is die maatskappy se beleid dat werknemers hulself laat inent.

Die KVBA het bevind dat Mulderiji se afdanking substantief billik was aangesien sy nie aan haar werkgewer se inentingsbeleid voldoen het nie.

Die uitspraak beteken dat jy wel onder soortgelyke omstandighede afgedank kan word indien jy versuim om jouself te laat inent as dit by jou werkplek beleid om jouself te laat inent.

Talle groot maatskappye in Suid-Afrika soos Discovery, Mediclinic, Sanlam, Old Mutual en MTN het reeds beleide van inenting in werking gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button