Local newsNewsNews

Vaaldam – 2 kruinsluise steeds oop, waarskuwing uitgereik

Vaaldam se vlakke is laer, maar die riviere en strome is nog baie sterk.

DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie het op 25 Januarie 2022 twee van die Vaaldam se kruinsluiste weer toegemaak.

‘n Dag later, op 26 Januarie is ‘n derde kruinsluis toegemaak nadat die damvlakke ‘n meer beheerbarie 105% bereik het.

Volgens die Departement is die Bloemhofdam tans 99% vol.

Die erf was op 19 Januarie 2022 nog onder water. Foto’s verskaf

Kruinsluise moes op 18 Januarie 2022 weer oopgetrek word nadat die Vaaldam se vlakke tot 111% gestyg het.

Die sluise is oopgemaak om die damwal se infrastruktuur te beskerm.

Die ekstra kruinsluise het ook inwoners langs die dam gehelp in wie se erwe en selfs huise die water begin opstoot het.

Marina Smit van Hartebeesfontein het oor die naweek laat weet die water het heelwat teruggetrek.

Hulle het egter baie skoonmaak werk wat nou vir hul wag en die grasperk is die ene Vaaldam grysmodder.

Die Departement het gewaarsku dat mense stroom af van die twee damme steeds waaksaam moet bly en seker maak kinders en diere kom nie naby die vinnig vloeiende riviere en strome nie.

Teen 22 Januarie het die water begin terug trek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button