Local newsNewsNews

Laat jou liggie helder skyn by Riviera-on-Vaal!

Liggies sal op Vrydagaand 4 Februarie 2022 in die nag gloei tydens ’n gloei-in-die-donker-nagwedloop by die Riviera-on-Vaal-oord!

VEREENIGING. – Die wedloop begin Vrydagaand stiptelik om 18:30. Volgens die organiseerder, Linda Bosch,  beloop die inskrywingsfooi R30.

Elke deelnemer moet ook met ’n gloeistokkie hardloop wat beskikbaar is teen R5.00 elk.

Daar is ook gloeibandjies te koop.

Daar is pryse vir die eerste drie mans en vroue!

Atlete word aangeraai om tussen 17:45 en 18:00 reeds by die wegspring te wees. (Dit is waar die weeklikse Riviera-on-Vaal parkrun gewoonlik begin. Die roete sal nie dieselfde as die parkrun wees nie).

Die restaurant sal ook oop wees en deelnemers word genooi om ná die tyd ‘n drankie te geniet.

Kontak Linda Bosch by 079 761 4214 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button