Local newsNewsNews

ELM-werker doen 80% brandwonde op

"Emfuleni het geen gekwalifiseerde elektrisiën in diens nie. Die munisipaliteit sal moet pa staan vir die gebeure en stappe sal geneem moet word om opgeleide persone aan te stel".

So sê rdl. Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit) oor die voorval.

Die kontrakwerker van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is geskok en ernstig beseer terwyl hy besig was om ʼn stukkende 88KVA-kabel te herstel.

Die man, wat 80% brandwonde opgedoen het, is in ʼn bedenklike toestand in die Sebokeng-hospitaal.

Hy was besig om ʼn stukkende elektriese kabel by die Powerville-substasie in Vereeniging te herstel toe iemand vermoedelik die lyn aangeskakel het.

“Die VF Plus hou die administrateur van Emfuleni, Gilberto Martins, verantwoordelik vir die gebeure. Dit is onder sy leiding dat die munisipaliteit eerder 19 senior navorsers teen R15 miljoen per jaar aangestel het as om opgeleide en toepaslik gekwalifiseerde amptenare aan te stel om die nodige onderhoud aan kritieke infrastruktuur te doen,” sê rdl. Senekal.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan Martins gevra dat die saak ondersoek word en die verslag bekend gemaak word om te bepaal presies wat gebeur het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button