Sasolburgers begin ook nou saamwerk
Sasolburgers begin saam staan om hul dorp weer netjies en misdaadvry te kry.
SASOLBURG. – Die stryd teen misdaad, slegte paaie en oorgroeide groen stroke het begin.
Nadat al hoe meer Sasolburgers begin navraag doen het dat Publice Eye ook in die dorp moet patroleer, is daar gehoor gegee.
Arrie Coetzee van Public Eye het gesê daar is ook nou met ‘n groepe vir Sasolburgers op Telegram begin.
“Ons Sasolburg VIP forum staan reeds 150 lede sterk,” het hy gesê.

Die dorp is in blokke opgedeel en daar is reeds begin om patrollies in blok 1 te ry.
Rudi Herbst is die Public Eye koördineerder vir Sasolburg en hy het laat weet hulle kon alreeds ‘n gebarste pyp aanmeld in Van Wouwstraat laas Woensdag en was eerste by ‘n ongelukstoneel in Rembrandtstraat.
Hulle het begin om slag gate te herstel, en het by die munisipaliteit aansoek gedoen om die herstel van straatligte te prioritiseer.
Dan het ‘n span ook begin om van die groenstroke skoon te maak. Afriforum is bedank vir hul bydrae wat dit betref.
Arrie het gesê die skoongemaakte groenstroke sal patrollielede se taak vergemaklik.
Dit gaan tyd neem, maar hul hoop om al hoe meer gemeenskapslede te betrek net soos wat in Vaalpark gedoen word en waar misdaad ‘n nekslag toegedien is.
Om in te skakel by die forums, kontak Rudi Herbst by 083 480 0660.
