Local newsNewsNews

Boerbokke boer al meer in die pad!

SASOLBURG. - Verskeie inwoners in die dorp het opgemerk dat 'n trop boerbokke al meer en meer in die pad boer.

Die trop is gereeld langs die pad, net verby die lisensiekantore te sien. Hulle hou ook daarvan om by die Zio-sirkel te wei.

Dit gebeur nou egter meer en meer dat motoriste moet stop. “Dit is net ‘n kwessie van tyd voordat iemand een van die bokke raakry,” het een inwoner by Vaalweekblad gesê.

Daar is nie sekerheid aan wie die bokke behoort en wat gedoen kan word om te verhoed dat hulle in die pad rondloop nie.

Dit is ‘n besige pad en motoriste word dus gevra om versigtig te ry en spoed te verminder totdat daar ‘n beter oplossing is.

Hulle is gereeld oorkant AVBOB in die pad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button