Local newsNewsNews

‘n Skooldag vol stories en lekker lag

Maak 'n boek oop en jy ontsluit 'n blink toekoms

VAALPARK. – Woensdag, 2 Februarie 2022 was Wêreld Hardop Lees Dag. Vaalpark Primêr se Graad R leerders het die dag baie geniet. Boeke in die hand het hulle, hul verbeelding gebruik en stories vertel wat alles van feetjies tot by drake ingesluit het.

Van links:Taylen Kriel, Nianè Nienaber, Minè Steyn, Zantè Joubert

Die maats kan nog nie lees nie (hulle is dan nou maar eers ‘n paar weke in Graad R), maar stories kan hul wel vertel! Juffrou Maniela Venter het laat weet elkeen kon ‘n boek kies en dan ‘n storie opmaak na aanleiding van die prentjies in die boek.

Juanè Coetzee en Luhan van der Westhuizen

Sy sê die kinders het op die plek met baie verbeeldingryke en interessante stories vorendag gekom. Die onderwysers het ook van die kans gebruik gemaak om stories voor te lees en wat is ‘n storie nou as mens nie so bietjie stemme kan namaak en dramaties kan raak nie?

Bokang Diale en Hlonolofatso Ntebejane

“Almal het soveel pret gehad en daar is baie gelag,” vertel sy. Soos die jonge Siyabulela sy storie afgesluit het: “And the dinosaurs lived happily ever after!”

Levi Dedekind
Aiden Lacey
Dzivha Magaraba
Saskia Du Plessis
Anja Kruger

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button