Local newsNewsNews

Een dood, drie beseer toe bus en kar bots

’n Man is dood en drie mense beseer toe ’n ligte voertuig Donderdagaand (3 Februarie 2022) met ’n bus gebots het.

MEYERTON. – Volgens Russel Meiring, ’n woordvoerder vir ER24, het die ongeluk naby die kruising van Meyerstraat en Lilystraat in Meyerton gebeur.

 

“ER24 het om 19:35 by die toneel opgedaag. Midvaal-brandweer was reeds op die toneel. Die bus was in die middel van die kruising met die ligte voertuig wat gedeeltelik onder die voorste gedeelte van die bus vasgesit het,” vertel Meiring.

 

Drie mense het in die voertuig vasgesit.

 

Volgens Meiring het ’n man reeds aan veelvoudige beserings beswyk.

 

Hy is op die toneel dood verklaar.

 

Midvaal-brandweer het reddingskake (die sogenaamde “Jaws of Life”) gebruik om die ander insittendes uit die wrak te sny.

 

Een van die beseerdes, ’n man in sy 40’s, is in ’n kritieke toestand en ’n ander een het minder ernstige beserings opgedoen.

 

‘n Jong seun het ook beserings opgedoen.

 

Volgens Meiring is die pasiënte op die toneel behandel en na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button