Local newsNewsNews

Kaartjies te wen: Lion Jay op verhoog by Barnyard

Plaaslike sanger, Lion Jay van Vereeniging tree op Saterdag, 19 Februarie by die Barnyard in Vereeniging op en een gelukkige wenner kan dubbelkaartjies na die vertoning wen. Die vertoning begin om 18:30 vir 19:00 en kaartjies beloop R100 per persoon.

 

Dit is die amptelike vrystelling van sy nuwe album “Die hart van ‘n leeu”.  Dennis East wat geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf is nie, sal gaskunstenaar wees.

Om ‘n kans te staan om die dubbelkaartjies te wen – stuur ‘n epos na elsje.vermeulen@media24.com met jou naam en kontakbesonderhede, asook die naam van Lion Jay se nuwe album.

Lion het reeds heelwat harte met sy eerste vrystelling Dance Forever verower. Sy tweede enkelsnit is ook onlangs vrygestel. “I wanne feel my baby” is sekerlik die kreet van enige motorfietsryer wat al die loutere plesier van die oop teerpad, die wind-in-die-hare en die brute krag van dié reus se enjin tussen sy of haar bene ervaar het.

Dit is waarom Lion Jay, wat verlede jaar sy toetrede tot die musiekbedryf gemaak het, sy nuutste Engelse enkelsnit, Ride my baby, aan alle motorfietsryers opgedra het.

“Ek is self ’n motorfietsentoesias en ek het gepoog om met dié enkelsnit die hunkering na die gevoel van vryheid en die andenalien wat deur jou pomp as jy die oop pad aandurf, weer te gee,” vertel Lion.

Met Ride my baby wyk hy ook nie af van sy country-rock patroon nie. Die snit is een van sy eie pennevrugte en die lirieke is pasknap vir die melodie; dit is ’n vinnige andrenaliengevulde liedjie wat letterlik jou bloed deur jou are laat bruis (en sommer ook jou asem wegslaan).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button