
SASOLBURG.- Die Fezile Dabi onderwysdistrik in die Vrystaat se matrikulante van 2021 het met ‘n stewige 87,5% verseker dat die distrik derde onder die top 10 distrikte in die land geëindig het.

HTS Sasolburg se klas van 2021 het weereens besonders goed gevaar.
By die onlangse Fezile Dabi Well Done seremonie het Spanners se onderwysers met vyf uit die nege toekennings vir tegniese skole weggestap.
Skoolhoof Dirk Coetzee het laat weet dat die pryse ook oop is vir gewone akademiese skole wat dalk een of meer tegniese vakke aanbied.
Vaalweekblad wens HTS Sasolburg geluk met die prestasie.
Die onderwysers wat die toekennings ontvang het is Brandon van Zyl, Darryl Bruce-Smith, Lisa Staples, Edzhard Coetzee en Llewellyn Pienaar.
