Plaaslike Ballerinas blink uit
Knapgedaan Karla en Siphosetu. Julle harde werk werp vrugte af.
VANDERBIJLPARK. – Twee van On Pointe Ballet Studio se dansers het uitstekend gevaar in hul onlangse gevorderde eksamens.
Karla Landsberg en Siphosetu Gwebu het albei hul Cecchetti Society International Intermediate Foundation eksamen met lof geslaag.

Ballerinas van onder andere Vanderbijlpark, Vereeniging, Klerksdorp, Lichtenburg, Bothaville en Potchefstroom het meegeding.
Die eksaminator, Me Louise Lombard het deur die hele streek gereis om die dansers te sien dans.
Na afloop van al die eksamens word die beste ballerinas aangewys. Karla het met die trofee weggestap en Siphosetu was naaswenner.
Hul dansinstruktrise Riëtte Odendaal sê Karla is ook die week gekies om as junior danser vir die Mzanzi ballet te dans in Johannesburg.
Hul oefen nou aan ‘n produksie wat in Maart gaan plaasvind.

