Local newsNewsNews

Goeie oes vir plaaslike VLU

Plaaslike Vroue Landbou Unie tak maak skoonskip by konferensie. Oes die meeste punte in.

SASOLBURG. – Die Alpha tak van die Vrystaatse Vroue Landbou-unie (VVLU) het ‘n suksesvolle konferensie op 9 Februarie 2022 aangebied.

Die dag is bygewoon deur lede van Area 1 van die VVLU en dames het van so ver as Edenville, Koppies, Holfontein, Parys, Kroonstad en Steynsrus gereis.

Alpha Tak se trots. Van links Rina De Klerk, Ria Koekemoer, Tersia Van der Walt, Ansie Erasmus, Ina Van Rensburg, Jeanette Bester en Elsa Brits. Foto: Gerda Bruinette

Die gaskunstenaar vir die dag was die bekende sanger van die Vaal, Franz Geldenhuys. Nie net het hy ‘n treffende boodskap gebring nie, maar hy het ook die konferensiegangers bekoor met sy sang en orrelspel.

Tydens die konferensie is die area wenners van, onder andere, die beste gebak, handwerk, skryfkuns en fotografie aangewys.

Alpha tak voorsitter, Rina de Klerk het gesê hul tak het die meeste punte verdien en is as die area wenners gekroon. Hulle het ook met ses trofeës huis toe gegaan.

Ria Koekemoer het eerste plek behaal in die gevorderde skryfkuns afdeling vir haar stuk, Hy het wat gedoen?, terwyl Tersia van der Walt se skilderwerk ook vir haar ‘n eerste plek besorg het.

Ansie Erasmus het ‘n eerste plek behaal in die hekelwerk beginners afdeling, terwyl Jeanette Bester ‘n eerste in die naaldwerk afdeling en ‘n tweede plek vir die herinneringsboekies gekry het.

Elsa Brits het ‘n eerste plek behaal in die gevorderde fotografie afdeling, en Rina de Klerk het ‘n eerste plek vir gevorderde hekelwerk en ‘n tweede plek vir haar uie-rissie-en-gemmer-konfyt gekry.

Ina van Rensburg rond die Alpha tak se trofees af met haar eerste plek in die borduur masjienwerk kategorie.

Uitvoerende Bestuurslid vir Area 1, Elsa Brits het gesê 102 vroue het die konferensie bygewoon. “Alles het baie goed afgeloop. Ek is trots op die lede wat so hard gewerk het om van die dag ‘n sukses te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button