Local newsNewsNews

Kyk video: Gewoonte misdadiger in VDBP vasgetrek

VANDERBIJLPARK. - Die 33-jarige Emile de Witt, wat van statutêre verkragting verdink word, is vroeër vandag in Vanderbijlpark deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gearresteer. Specialized Security Services met bobaas speurder, Mike Bolhuis, aan die spits het in samewerking met die polisie en die kinderbeskermingseenheid geswoeg en gesweet om de Witt vas te trek.

Die 33-jarige Emile de Witt, wat van nog ‘n ernstige misdaad verdink word, (https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/69599/inligting-oor-vermeende-swendelaar-gesoek-na-inhegtenisname)is vroeër vandag in Vanderbijlpark deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gearresteer. 

Specialized Security Services met bobaas speurder, Mike Bolhuis aan die spits het in samewerking met die polisie en die kinderbeskermingseenheid geswoeg en gesweet om de  Witt vas te trek. 

De Witt word ook verbind met verskeie diefstal- en bedrogsake. Hy word deur ondersoekbeamptes as ‘n gewoonte misdader bestempel. Volgens Bolhuis-hulle het de Witt gereeld gespog dat hy die polisie en hof in Vanderbijlpark in sy sak het. Hy is tans in aanhouding in die Barrage Polisiestasie en sal 11 Februarie in die Vanderbijlpark streekshof verskyn.

*Vaalweekblad het op regsadvies, gebaseer op die Strafproseswet, besluit om nie die aard van die klagtes teen hom bekend te maak nie, omdat De Witt nog nie in reaksie daarop gepleit het nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button