Local newsNewsNews

R500 op spel vir oulike troeteldiere (en eienaars)

As jy ‘n diereliefhebber is en graag vir ander inwoners wil wys hoe skattig jy en jou troeteldier saam is, is hierdie net die kompetisie vir jou. Dit is boonop gratis en maklik om deel te neem, én jy kan R500 ryker word.

So wys ons jou muis, jou wolhaarkind, voël of slang … as dit jou troeteldier is kan jy deelneem. Al wat jy moet doen is om ‘n mooi duidelike foto van jou en jou geliefde troeteldier saam te neem.

Hoe ouliker jul saam is, hoe groter die kans om te wen. So doen bietjie moeite en dink buite die boks!

Die kompetisie skop vandag, 9 Februarie af en inskrywings werk so: Stuur die foto, jou en jou troeteldier se naam en van, asook van watter dorp julle is, en jou kontaknommer na elsje.vermeulen@media24.com

Al die inskrywings sal op ons webtuiste verskyn en van die inskrywings wat die oog die meeste vang sal ook weekliks in die koerant verskyn. Die kompetisie sluit eers op 14 Maart, waarna die algehele wenner op 16 Maart in Vaalweekblad aangewys sal word.

Illustrasiefoto’s: Elsje Vermeulen. Hierdie foto’s is slegs om lesers ‘n idee te gee en moontlik te inspireer om ‘n kreatiewe foto te neem en in te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button