Local newsNewsNews
Lumies geniet dit om weer te speel
Lumies se Brat Race het vir baie lag en pret gesorg.
VAALPARK. – Woensdag, 2 Februarie 2022 was ‘n groot dag vir die leerlinge van Lumiére Primêre Skool in Vaalpark. Dit was weer tyd vir hul jaarlikse “Brat Race”.

Juanita Swart sê die hindernisbaan, gebou deur die span van Warrior Race, het vir groot pret gesorg. Al die grade het deelgeneem.
“Die kinders het regtig nodig gehad om bietjie weer in beweging te kom.
“Met Covid se inperkings het hulle bykans geen interaksie met hul maats gehad nie en was speeltyd en fisiese aktiwiteite baie beperk,” het sy gesê.

Die hindernisbaan is ook die aand gebruik as deel van die bemarkingspan se uitreiking na kleuterskole in die omgewing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
