Local newsNewsNews

Verhoging in nasionale minimum loon slegte nuus vir werkloosheid

Die verhoging van 6,9% van die nasionale minimum loon wat die departement van indiensneming en arbeid pas bekend gemaak het en wat van toepassing sal wees vanaf 1 Maart vanjaar, sal die reeds rampspoedige werkloosheidskoers net verder laat styg.

So voer Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Arbeid in ‘n mediaverklaring aan.

Die verklaring lui verder dat billike vergoeding vir werk gelewer ʼn gegewe moet wees, maar dat vasgestelde en voorskriftelike arbeidswetgewing die privaatsektor en veral klein sake-ondernemings smoor.

“Werknemers en werkgewers moet toegelaat word om oor lone te onderhandel en ooreen te kom in ag genome bekostigbaarheid en ander faktore soos werksure, die soort werk wat verrig moet word, ens. Waar vasgestelde lone afgedwing word, sal werkgewers genoop word om dié werkers wat hulle nie meer kan bekostig nie af te lê en dit sal tot ʼn groter werkloosheidskrisis in die land lei.

“Groter werkloosheid sal lei tot verdere maatskaplike probleme soos ʼn toename in misdaad, toenemende druk op die staat en ander vergrype. Dit is tragies dat kwesbare werkers soos huis- en plaaswerkers, op wie hierdie minimum loon van R23,19 ook van toepassing is, veral hieronder sal ly.

“Baie huishoudings gaan juis weens die gevolge van die Covid 19-pandemie en ander faktore gebuk onder toenemende finansiële druk.

“Talle ondernemings kon nie verhogings toeken nie, huishoudings se skuldlas het gestyg en verdere druk op private huishoudings sal tot afleggings en verminderde werksure en dus verminderde inkomste van huiswerkers lei.

“Die verhoging van die minimum loon vir plaaswerkers is eweneens ontydig en ondeurdag in ag genome die huidige ramptoestande wat regoor die land weens vloede en ander skade heers.

“Die landbousektor het geweldige skade gelei weens hierdie verskynsels wat reeds tot minder werksgeleenthede in die landbousektor sal lei. Verhoogde finansiële druk sal die situasie net vererger,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button