Vanderbijl Fotoklub skop op hoë noot af
Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging se Januarie klubaand het pragtige foto’s opgelewer wat hoë verwagtinge vir die res van die jaar skep.
Die tema was Spreekwoorde en het vir baie kreatiwiteit sorg.
Chanel Enslin se foto “As die kat weg is” is as senior-wenfoto in hierdie afdeling aangewys en splinternuwe lid, Alancha Bakkes, se “‘n Myl in my skoene” as die junior-wenfoto.


Ander wenfoto’s van die aand is:
Suzy de Beer se “Stersirkels” was die aanlyn-wenner.

In die ope-afdeling was Chanel Enslin se “Windmill in canola fields” die wenfoto in die senior-afdeling en ook die algehele wenfoto van die aand.
In die junior-afdeling was nog ‘n splinternuwe lid, Leanie Hattingh, die wenner met haar foto “Oeps”.


In die monochroom-afdeling is Johan Brits se “Boats on the lagoon” die senior-wenner en Madré Fourie se “Proteas” die junior-wenner.


In die selfoon-afdeling het fotograwe verras met uitstekende foto’s. Johan Brits se “The lamb eaters” is as senior-wenfoto aangewys en Madré Fourie se “Stygende damvlak” die junior-wenfoto. Hierdie foto was ook die junior wenfoto van die aand.


Die klub vergader die derde Vrydagaand om 18:30 van elke maand by die Klip River Country Estate in Drie Riviere. Die volgende klubaand vind plaas op 18 Februarie en die maandonderwerp is ‘Makro- fotografie’.
* Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging is geaffilieer by PSSA (Photographic Society of South Africa), die nasionale liggaam wat na die belange van amateur fotograwe in Suid Afrika omsien. PSSA bied elke maand ‘n kompetisie vir geaffilieerde klubs aan en die beste foto tydens ‘n klubaand word vir hierdie kompetisie ingeskryf.
Kontakpersoon: Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za
Besoek die Facebookblad by https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub waar daar gereeld interessante wenke opgelaai word, of die webwerf, www.vdbp-fotografie.org.
