Die kaartjie wenners vir Lion Jay se ‘show’ is …
Plaaslike sanger, Lion Jay van Vereeniging tree op Saterdag, 19 Februarie by die Barnyard in Vereeniging op en twee gelukkige lesers het die kans gestaan om dubbelkaartjies na die vertoning wen. Die wenners is:

Wilma Coetzer (wen dubbelkaartjies) en Graham Clouston (wen dubbelkaartjies).
Baie geluk, kontak Elsje Vermeulen by 083 417 1059 om reëlings te tref vir die kaartjies.
Die vertoning by die Barnyard is die amptelike vrystelling van Lion Jay se nuwe album “Die hart van ‘n leeu”. Dennis East wat geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig het nie, sal gaskunstenaar wees.
Die vertoning vind plaas by Vereeniging Barnyard en begin om 18:30 vir 19:00. Kaartjies beloop R100 per persoon.
Lion het reeds heelwat harte met sy eerste vrystelling Dance Forever verower. Sy tweede enkelsnit Ride my baby is ook onlangs vrygestel. Die snit is een van sy eie pennevrugte en die lirieke is pasknap vir die melodie; dit is ’n vinnige andrenaliengevulde liedjie wat letterlik jou bloed deur jou are laat bruis.

