Local newsNewsNews

Uiteindelik … krag na 43 dae daarsonder

VANDERBIJLPARK. - Die volgehoue druk van die VF Plus op die burgemeester Sipo Radebe en ander amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het daartoe gelei dat die foutiewe transformator in die dorp se industriële gebied uiteindelik vervang is.

Dié ligte nywerhede het nou ná 43 dae weer elektrisiteit.

“Een van die nywerhede moes noodgedwonge 200 werkers aflê. Net drie werkers het behoue gebly. Dit is nie die eerste keer dat ondernemings in Emfuleni gedwing word om hul deure te sluit weens swak dienslewering en gebrekkige infrastruktuur nie,” sê rdl. Gerda Senekal van die VF Plus.

Die diensverskaffer van die munisipaliteit het geëis dat Emfuleni eers sy agterstallige skuld betaal en vooruit betaal vir die nuwe transformator alvorens dit aangekoop word. Die munisipaliteit kon nie aan dié voorwaardes voldoen nie en ʼn nuwe diensverskaffer moes aangestel word.

“Daar is R165 miljoen in die 2020/21-begroting begroot vir die onderhoud en opgradering van Emfuleni se kragnetwerk, maar dit is onseker hoeveel daarvan al bestee is vir die doel,” sê rdl. Senekal.

Die VF Plus het Radebe gevra om ondersoek in te stel en verslag te doen oor hoe en of die geld aangewend is.

“Die VF Plus sal nie toekyk hoe nywerhede, wat ʼn groot ekonomiese bydrae maak tot die plaaslike ekonomie en broodnodige werk verskaf, Emfuleni verlaat weens swak dienslewering en ‘n gebrek aan  infrastruktuurinstandhouding nie,” het rdl. Senekal afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button