Local newsNewsNews

Slaggate maak pad feitlik onrybaar

Tamaai slaggate op die hoek van Brandmullerrylaan en Golfstraat in Drie Riviere is nou so erg dat mens amper nie meer daaroor kan ry nie.

VEREENIGING. – Die gate is oor ‘n tydperk van maande deur vloeiende rioolvuil wat uit ‘n drein uit opstoot uitgekalwe.

Inwoners sê die probleem is die gevolg van swak stadsbeplanning en ontwikkeling wat toegelaat is om voort te gaan sonder dat die rioolinfrastruktuur daarmee saam opgegdradeer is om die nuwe ontwikkelinge te akkomodeer.

Vaalweekblad het verlede week berig dat inwoners van Drie Riviere jaarliks miljoene rande bydra om slaggate in die buurt self reg te maak weens gebrekkige dienslewering deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button